spiraaldinamika


Die warm lug en treffers oor die luidspreekers groet vir Gawie soos hy binnekom. Hy sien dat vanaand se special twee dubbels en coke vir R35 is. “Wat sal dit wees?”,  vra Groot Gert half lui.  “Twee dubbeles!” antwoord hy vriendelik terug.  Hy neem alby  en sit R50, soos hy wegstap, op die bar neer.   Hy duik vinnig by die deur uit, gee vir Ou Gamtoos, die boemelaar, sy enetjie.  Soos hy altyd doen, dit is tradiesie.  Gamtoos dop die dop in sy blik koppie en knik dankie.  Gawie skiet weer by die bar in.

Toe hy die derde keer by die bar kom voel al meer brannewyn braaf.  Hy bestel vir homself nog twee specials en los nog ‘n lekker tip en maak seker die ander by die bar let dit op.  Hy gaan sit agter die v-slots en die masjien sluk gretig sy R100 en hy begin speel.

Na nog ‘n special vind hy homself met sy arms om sy nuwe tjommies wat hy gemaak het, nadat hy vir hulle ‘n rondte gekoop het, omdat hulle saam hom “Sweet Caroline” uit volle bors gesing het.

Na nog enetjie, kyk ‘n man in die hoek vir hom skeef aan.  Hy vloek die ou se ma, en breek byna ‘n bottel oor die arme ou se kop. Maar die barman bedaar hom, en maak sit met ‘n bier.

Daar is nog net ‘n paar ander vliee in die bar.  Gawie begin conspirisies en perde praat, sy gunsteling gesprek as dit so laat is.  Die tv vlikker soos ‘n kamp vuur in die agtergrond.  Die gesprek falter in ‘n gemompel en ‘n ge’is-so’ in.

Gawie kom by sy kar, hy sukkel om te sien.  Hy kry die sleutel in die deur in.

Skielik stamp iemand hom, gryp die sleutels en weg is sy kar.  Hy kruip tot by die onderweg, waar Gamtoos al snork.  Soos ‘n sy kop op hoeksteen neerlê draai die wêreld en hy sit net kleure, eers groen, dan oranje, blou, rooi, pers en beige. Toe pass hy uit.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s