Droog melktertmond


Die melktert sit in haar verhemelte vas.  Fokken melktert. Sy sit by die soveelste kinderpartytjie, derde een van die maand?  Sy het daarvan gehou om ‘maid-of-honour’ te wees, parties te reël en mense so dronk te kry dat hulle braaf genoeg is om te gaan skinny dip in die dorp se swembad.  Dit is hoekom hulle haar nog nooi, elke fokken keer, hulle vol verplig om dit te doen. En sy verplig om te kom.  “Jy is my beste pel, jy moet daar wees om te sien hoe my klein spoilt kakmasjientjie sy eerste verjaarsdag vier.

In die begin was dit ok, want die ‘sonder kinders’ groep was groot genoeg om ‘n lekker kuier te kan onderhou. Hulle sou sit en rose drink en dan skinder oor hoe moeg die mamma’s lyk.  Maar nou is almal mamma’s en net sy sit en eet fokken melkterk en drink vlou tee.

So met haar droë melktert mond sit sy en luister na elke mamma die ander een se ‘my kind is die cuteste’  storie probeer trump. Sy sal moet plan maak, sodat sy ook binnekort vir almal melktert kan voer.

Advertisements

One thought on “Droog melktertmond

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s