Saamwerk groepie


Die musiek juffrou plaas hulle in ‘n saamwerk groepie van twee.  Hy is nie seker hoe hy hieroor voel nie.  Sy fasineer hom soms, soms is hy selfs verras.  Maar dit gel nie lekker nie, van die begin kom hy dit agter.  Maar hy is te skaam om te vra vir ‘n verandering. Voor hy weet het hulle alreeds te veel projekte saam gedoen om dit nou te einding.  Hy het uiteindelik die juffrou gevra hieroor, maar sy het gesê, “Dalk volgende kwartaal.”

Maar volgende kwartaal kom, en die juffrou het vergeet, of sy wil net nie onthou nie en hy wil nie weer vra nie.  So werk die tweetjies saam saam.  HY geniet dit selfs soms ‘n bietjie en begin dink dalk kan hulle, hulle eindprojek saam doen.

Hulle begin al meer praat hieroor.  Maar steeds voel dit nie vir hom reg nie.  Hy begin ‘n uitkom kans vind.  Maar dit is nou te laat, hy het weer gevra.

Hy maak ‘n plan om van klas te verander.  Dit werk soortvan, maar hy moet soms terugaan om te werk aan die projek, wat al hoe meer na niks begin lyk.  ‘n hol drom wat vals geluide maak. Maar hy werk aan.

Hy kan nie die nuwe klas geniet nie, hy is nie rerig daar nie, hy is nog saam haar, al nie.

Omstadighede verander, hy is terug saam in haar klas. Hulle begin daai hol drom leer speel.  Maar na die eerste drie note, weet hy hy hoort nie hier nie.  Dit vat baie moed, maar hy moer die drom stukkend.  Stap na die juffrou toe, en kry vir albei ‘n nuwe indivituele projek, tot hulle ‘n nuwe saamwerk groepie met iemand anders kan maak.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s