Kristalbal vol vaseline


Sy pons die nommers versigtig in. Sy kan nie bekostig om nog ‘n fout te maak nie.  Hy het haar gedreig met afdank.  Om net te dink wat dit beteken laat ‘n wakker lê.  Terwyl sy wakker lê speel sy candy crush.  Sy is nou al by level 85 vir weke.  Maar dit is beter as dink.

Die kinders kom kuier oor naweke.  Dan slaap sy nog minder.  Sy luister na die ritme van asemhaling, sy skrik waneer hulle hoes.  Haar ma se nommer is op speeddial, waneer gaan sy nie meer optel nie. Rillings.

Hulle gaan tuine met die trein.  Die kinders voer eekhorings.  Hulle pa kom tel hulle op by Belville, die nuwe vrou wag in die kar.  Die groot silver kar, haarne.  Haar eks-man kyk haar nie in die oë nie.  Al van daai dag af nie.

Die wind waai Kara se kuif.  Daar sit die merk, die merk wat alles laat afgrond gaan het.  Die merk van die bees.  Haar skuld, sy is ‘n goeie ma, al sê hulle wat, al glo sy dit self nie.

Buite beheer


As jy niks goed het om te sê nie, bly eerder stil

As jy negatief dink, dink eerder nie

Waar ookal jy gaan daar is jy.

Môre gaan ek huis toe, dan is ek daar.

Dan?

Maak vir eers nie saak nie.

EK het ‘n idee.

Follow through, anders slice jy daai bal buite beheer.

 

 

Les refleksies


Die kinders het  nou net gaan slaap. Die jongste een het aangedring dat ons moet bid vir arm mense en weeskinders. Sy’s nice, vreemd. 

Ek het n snippet uit die hobbit vir hulle gelees. Jare se taalonderwys is darem goed vir iets. 

Ek het oorweeg om by my vrou te gaan le, maar candy crush geleide het my toekoms daar voorspel. 

Ek glip by my studeer kamer in. Slip n pynpil, apteker vriend voordele. Ek arsel my muis pointer vir n oomblik oor die icon vir daai dokument. Maar click op chrome, private mode. 

N naarkol op my maag, maar my piel kla nie. Ek gaan was my hande, candy crush sing steeds. 

Ek klim tot by bou by die dak. Sterrekyk, My stokperdjie tot sy rug breek. 

Ek loer vir my mars en kyk n bietjie na die maan. En gaan dan laer. Le Roux en sy vrou naai alweer in hottub. 

Ek blik so rukkie in my bure se lewens in maar die rooiwyn raak op. 

Ek besluit maar toe om candy crush te gaan challenge. Die kamer is stil. 

Ek trek my broek af en klim in die bed. My vrou vra, “Is jou lesse voorberei?” 

“Ja, maar of dit n verskil gaan maak is n ander storie.” 

Taiwan Maart 2017


Menseboksies wat hoog in die lug opskiet. 

Bromponies wat skersent gesels na n destanasie vol vergeete drome, nou roetine. 

Koek klusters kinders wat fone vasklou en vergeet van mekaar. 

Finale eksamen in tydverdryf word in die park vol afgele. 

My oe vol dink vang oe vol wonder. 

n begin van iets ‘n eerste draft, sonder vorm


Ek en my meisie het onlangs besluit om avontuurlustig te wees.  Ons het na die local spaceport toe gegaan en die eerste vlug uit gebook. Twee seats.  Ek moes geweet het dat dit ‘n slegte idee was toe my meisie haar ‘man van haar drome’ op die vlug ontmoet het.  ‘n lugwaiter.

Ons moes sommer net daar by die ander port, ons sake oorpak.  Nog ‘n teken wat ek mis gelees het, was dat sy handdoek saam haar gevat het. Perongeluk?

Ek het nog nooit gerook nie, al is deesdae nie meer “sleg vir jou nie.”  Maar ek het stil sit tyd nodig gehad, dus het ek vir my ‘n pakkie, “extra kick”, by die keffie gekoop.

Ek het voor die lugtaxi stand gaan staan en een (teen die advise van die makers) sommer klaar gerook.  Ek was duislig toe ek vir die taxi drywer robot vra om my na ‘n hotel van sy keuese te vat.

Sedert 2025 word karre en toe later lugkarre self bestuur.  Maar omdat ons hou van met iemand gesels, is daar AI wat met jou praat as jy alleen is.  Nou omdat die wereld rondom geld draai kan maatskappye betaal dat die AI baie van hulle hou.  So as jy soos ek maak en se vat my erens dan gaan hy jou vat waarheen die geld se.

Nou die sou  nie so erg gewees het nie as die AI nie onlangs deur ‘n groep hippies gehack was nie.  So inplaas dat ek ‘n fancy hotel chain beland het, laai die taxi my toe by “Jan Rolpapier se Reenboog huis af.

Dit was rondom die tyd die kick begin inskop het.  Ek het ook vergeet om my eksmeisie se feed afteskakel.  Dus stuur die vir my ‘n notification as sy ‘n uiterese emosie ervaar.  Glo my ek moes nie hierdie een gesien het nie.  Die het my vinnig in ‘n downward spiral ingestuur.   En by jan rolpapier se plek moet mens in beheer wees van jou emosies anders kan dinge rof raak.

Die ou agter die counter het ‘n kat op sy kop gedra.  By gese, die kat kon kies om daar te sit.  Dit het dus in guns van beide getel, die kat kon kopsit, en die man agter was deel van die latest mode trent, mense.

Ek het nie kat gesien, die kick en die skommelende emosies het my brein gefok, ek het myself verbeel dat dit sy binnegoed was, wat genoeg het en deur sy ore en neus probeer onsnap.  Met terugblik dink ek dit moes die vegan kak takeaway boksie, waaraan hy besig was om aan te peusel, wat my hierdie idee gegee het.

 

 

 

 

 

 

was om

Hande oop om vra te vra??


Hy stap verby ou standbeelde van buddha en die ander gode van die verlede. Van tye vergete.  Hy kyk nou na hulle met sy dagsak op sy rug, vol tjoklits en sulke goeters.  Hy kyk na hulle vir antwoorde, hy weet hulle is net steen, maar hy kyk steeds.

Dit begin reen, eers liggies en dan meer, sommer baie. Die trane loop oor die wange van die standbeelde hy vee dit af.  Hy het nog altyd omgegee oor mense, vir mense, veral vir hartseer mense.  Hy vee die trane af en lag.  Hy vind as mens lag dan lag ander sommer ook, lag is goeie medisyne vir die siel.

Hy sien haar raak omdat sy ‘n pienk polka dot saambreel het.  Hy het nie ene nie, nie eers een sonder polka dots nie.  Hy besluit om haar te volg.  Vinnig vind sy skuling, slim.

Hy besluit om braaf te wees en skuif langs haar in.  Die reen buie hier gaan nie vir lank aan nie, so sy tyd is min.  Hy loer slinks vir haar, en haal ‘n suiglekker uit en bied haar een aan.  Sy neem dit met ‘n glimlag en plons dit binne haar mond in.  Sy gee haar naam Sofia.  Hy gee syne Sam.

Sofia sê sy volunteer by ‘n skool hier.  ‘n Skool vir hartseer mense wat net wil sien dat iemand omgee. Sy sê sy leer hulle  nie baie nie, sy leer meer.  Maar sy gee baie drukkies en sy sê hulle skouers slink al minder.  Daar is ‘n trotse toon in haar stem.  Hy kry skielik ‘n visie, hy sien haar ook die buddhas se trane affee.  ‘Wat droom jy so? vra sy en lag.  Die lag laat hom alles wat fout was agterlaat.  Hy nooi homself om saam haar terug te gaan na die skool toe, waneer dit klaar gereen het.

Hy weet skielik daar is nie antwoorde nie, maar net drukkies.

‘n trippie doer toe


Liewe Dorathea,

Ek het vandag by die planeet, Junopea, arriveer.  Die reis was sonder enige groot probleme.  Ek het wel so driekwart deur wakker geword! Dit kon moeilikheid beteken het, aangesien ek vir 2 jaar sou wakker wees sonder veel om te doen. Maar gelukkig het die slim mense wat die ruimteskip ontwerp het, voorsiening gemaak hiervoor.  Ek ‘n het die knoppie gedruk en verder gesluimer.

Die middernag wakker skrik het wel gelei tot ‘n effense ‘spacelag’, maar die pragtige nursie by die aankomsterminaal het vir my ‘n regmakerkie gegee wat die vinnig gefix het.

‘n robot het my na kamer vergesel.  Dit was maar leeg toe daar kom.  Maar ek het die usb-kabel in my nekslootjie gedruk en vinnig geleer wat my rol hier so wees. Maar meer oor dit later.

Ek wil jou eers vertel van my kamer.  Jy weet ek was so effe hipster in my jong dae, en het nie van dinge gehou wat ‘fake’ was nie. Maar hulle het die wonderlikste manier hier ontwikkel om jou kamer te versier.

Alles is hollografies.  So ek kan dus elke dag, elke minuut, my kamer anders laat lyk.  Dit is vreemd hoe interessant die wereld kan wees as jy toelaat die jou brein dinge sien wat nie werklik daar is nie.

Ek begin more met die spesiaale projek, maar meer daaroor later!

Groete,

Gert